Rinkink Terwyl Jy Dink is also available in English
Binnekort beskikbaar: Sesotho
Musiek wat lees bevorder
Musiek wat lees bevorder
Rinkink Terwyl Jy Dink is also available in English
Binnekort beskikbaar: Sesotho
“Musiek kan die wêreld verander.” – Beethoven
Rinkink Terwyl Jy Dink. Hierdie program is uiteengesit om dit lekker te maak vir leerders om die letters van die Afrikaanse alfabet op ‘n musikale manier aan te leer. Lees meer oor ons.
Leer deur dit wat hulle sien!
Leer deur dit wat hulle hoor!
Leer deur interaksie met ander!
Leer deur beweging!
Basiese vaardighede word versterk!
Hierdie vaardighede is nodig om ‘n goeie leser te wees!
Kinders onthou die klanke, omdat hulle goed reageer teenoor musiek.
Interaksie is belangrik vir kinders se spraakontwikkeling.
Die leerders word blootgestel aan nuwe woorde. Dit is ‘n belangrike bousteen van ‘n taal.
‘n Veilige, positiewe omgewing word geskep waar kinders met musiek kan vereenselwig.
Kinders onderskei tussen verskillende klanke en klank patrone van hulle moedertaal.
Kinders hoor die begin- middel- en eindklanke in woorde.
Die program bevorder kinders se luistervaardighede
Die gebruik van kleinspiere.
Hier word gebou op inligting waarmee die kind reeds bekend is.
Konsentrasie word aangeleer. Liedjies help dat kinders kan beweeg en almal sal daarby baatvind. Kinders gebruik hul lyfies om te beweeg.
Om liedjies saam te sing help met breinontwikkeling. Laat kinders terugvertel.
A5 Leesboekies is so geskryf om leesvlotheid te bevorder.
Die liedjies tesame met die hulpbronne van die program sal die kind help om die betekenis en agtergrond van die teks maklik te verstaan.
Deur Melodie Veldhuizen
Alle kinders beskik oor ʼn aangebore musiektalent en aanvoeling vir ritme. Kyk maar hoe ʼn baba wat nog nie eens kan loop nie, se lyfie op die maat van musiek beweeg. Musiek, tesame met beweging, is belangrik vir die optimale ontwikkeling van kinders.
Wat is die waarde van musiek en beweging vir kinders? Lees meer in die berig oor Die waarde van musiek.