Skip to content

Wie sit agter Rinkink Terwyl Jy Dink?

Leandré Steyn

Ek is ń Remediërende opvoeder van Bloemfontein.

Aan die einde van 2009 het ek my B. Ed Grondslagfase graad by Kovsies voltooi en in 2016 het ek my B.Ed Honeurs in Inklusiewe Onderwys graad ontvang.

Ek is ‘n vrou en mamma van twee pragtige kinders. Ek het ‘n passie om met kinders te werk. Ek glo dit is my doel om kinders lief te maak vir leer en soos sponsies gereed te maak om nuwe inligting in te neem.  In dieselfde asem – elke oomblik daarvan te geniet! Met híerdie musikale program waarborg ek hope pret en plesier, maar die belangrikste van alles groei en vordering!

Ons Storie

“Musiek kan die wêreld verander.” – Beethoven. 

Hierdie program is uiteengesit om dit lekker te maak vir leerders om die letters van die Afrikaanse alfabet op ‘n musikale manier aan te leer.  Hierdie program gee ruimte vir kinders met ‘n visuele, ouditiewe en kinestetiese leerstyl.  Hulle onthou die klank beter, omdat hulle goed reageer teenoor musiek.  Hulle brein prosesseer die klank en stoor dan die klank.

In die onderwys het ek gesien, dat daar baie kinders is wat sukkel om klanke te memoriseer en weer te gee.  Dit is belangrik om ‘n goeie vaslegging van klanke te hê wat weer nodig is vir leer.  Ek poog met die program om ‘n liefde en waardering  vir lees te kweek.

Ek gebruik hierdie musikale program in my eie klas.  Met hierdie program wil ek graag onderwysers, tuisskool sentrums en mammas bemagtig om dit lekker te maak om klanke en lees onder die knie te kry.

Ek dank my Hemelse Vader, wat my die deursettingsvermoë en krag gegee het om die projek te voltooi. 

Ek dra hierdie program op aan my kinders. 

Ek glo dat hierdie program ‘n rinkink-effek op elke kind se lewe sal hê, wat dit gebruik.

Jeremia 29:11 “Ek weet wat ek vir julle beplan sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop